Hul name sal
nooit weer vergeet word nie...
Laaste
Opdatering:
27 Augustus 2025
SKUITE NUUSBLAD / TRAWLER NEWSPAGE

(Periode:
29 Augustus 2023 - 28 Februarie 2025)
BESOEK DIE S.A.VISSERYE MUSEUM
Waar die
geskiedenis van ons visbedryf bly voortleef


|


VISTREILER PROFIELE

KOMMERSIëLE SKI-BOOT
PROFIELE


AN EMBLEM OF
PROUD
WORKMANSHIP

The sticker above is displayed on the CAT 3412 main engine of the
Cape Town based longliner "Cape Challenger". The sticker "Caterpillar - always brings
you home " is exclusively used by Ritco Marine situated in Brackenfell, who
besides installation work, also service and maintain the machinery onboard the "Cape
Challenger".
|
"LAPPOP"
WORD VERSKUIF
Afgeneem hieronder op 8 Mei
2025 op die perseel van Ritco Marine in Brackenfell word die "Lappop"
verskuif ten einde meer vloerspasie binne-in die werkswinkels te
kon bewerkstellig het.
|
HOU JOU HANDE VAN MY
VISBAKKE AF!
Nou kyk, vissermanne wat mekaar se
visbakke steel is al so oud soos die berge. Dit wil tog voorkom
asof die manne van Letap Fishing radeloos is aangaande hul
visbakke wat gesteel word, siende dat hul die saak baie
persoonlik opneem met 'n boodskappie vir al die visbak-diewe
daarbuite...

|
DIE SKUIT-TOILET UPDATE
Reg mense, dis weer tyd om
nader te sit om te kyk wat aangaan in die onder-wêreld van skuit-toilette.
Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 in die Kaapse dokke beloer ons
die skuit-toilet van "Leontina Maria" van naderby - uitsluitlik
bedoel vir 'n "nommer twee", soos in groot vet letters aangetoon
word by die ingang...Tot 'n volgende keer, skuit-skuit my storie is uit!

|
VERBOUINGS UPDATE
Met die 2025/2026 tunapaal
seisoen wat oor bietjie minder as twee maande begin, word talle
bote alreeds versien vir die nuwe seisoen soos in die geval van
"Blue Dolphin" en "Armando" hieronder gesien op 1 Julie 2025,
waar die skuitverwers besig is om die skuite weer skoon te verf.
"BLUE DOPLHIN"

"ARMANDO"

NUWE DUBBELWIELHUIS
VIR "KENTUCKY"
Afgeneem hieronder
op 1 Julie 2025 langs die Collier jetty in die Kaapse dokke is
die "Kentucky" nou te sien met haar splinternuwe dubbelwielhuis.

"STAALKOP" - A TASTE OF PORTUGAL
Met groen seegras
wat kleef aan "Staalkop" se romp, vertoon die skuit die
nasionale kleure (rooi-wit-groen) van Portugal...soos afgeneem hieronder
op 1 Julie 2025 langs die Collier jetty.

NUWE NAVIGASIE TOERUSTING VIR
"TINA" EN "SEA PRIDE II"
Afgeneem hieronder
op 1 Julie 2025 in die Kaapse dokke vertoon "Tina" ook nou 'n
Fleetone satnav antenna op die wielhuis se dak soos aangetoon
met die rooi sirkel.

Afgeneem hieronder
op 1 Julie 2025 in die Kaapse dokke is 'n nuwe Onwa radar
gemonteer op "Sea Pride II" soos aangetoon met die rooi sirkel.
Vir 'n hele aantal maande voorheen was daar geen radar te siene
gewees op die skuit nie, vanwaar die skuit voorheen met 'n
Furuno radar toegerus was.

NUWE VLEKVRYE STAAL TRAPLEER
VIR "WILMAG"
Afgeneem hieronder
op 1 Julie 2025 in die Kaapse dokke is 'n nuwe vlekvrye trapleer
gemonteer op die "Wilmag", vanwaar die skuit voorheen ook
toegerus was met 'n vlekvrye staal trapleer wat om die een of
ander rede verwyder is.

Afgeneem hieronder
is die betrokke vervaardiger se barcode nog te siene op
die nuwe trapleer - die ding is nog nat-nuut!

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is hoe die "Wilmag"
se eertydse vlekvrye staal trapleer daarna uitgesien het.

"CHAR-NEIL" WORD HERBOU
'n Mens kan nie
anders om jou hoed af te haal vir almal wat 'n bydra gelewer het
om die "Char-Neil" weer in hierdie kondisie te kon kry nie.
Gegewe die haglike omstandighede waarin die skuit haarself in
bevind het - eers onseewaardig verklaar, toe afgeskryf met
gepaardgaande hofsake en al daardie lelike dinge waaroor mens
nie wil praat nie. Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 op
Laaiplek, en die Suid-Afrikaanse pelagiese bedryf is op die
vooraand om nog 'n skuit ryker te word, nadat die sektor alreeds
gedurende die 2025 seisoen vier skuite verloor het.

STEENBERGS COVE FISHING TREK
NUWE BAADJIE AAN
Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 staan die uitgediende
visstore van die voormalige pelagiese fabriek van Steenbergs
Cove Fishing wat onlangs opgeknap is met 'n skoon laag wit verf.

Geneem vanuit die
Trawler Heritage argief is hoe die uitgediende fabriek van
Steenbergs Cove nie te lank gelede nog vertoon het nie...

"SILVER CHALLENGER" KRY 'n
ONDERSTEBO VLAGGIE
Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 in Sandy Point hawe
vertoon "Silver Challenger" ook nou 'n Suid-Afrikaanse vlag...onderstebo
en al, en daarby wonder Trawler Heritage hoe patrioties is jy
werklik, as jy na 31 jaar nog nie weet watter kant van jou
landsvlag is bo en watter kant is onder nie?

'n VISSERMAN MAAK 'n PLAN?!
Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai en iemand
het dit goed gedink om sommer 'n leë koeldrankbottel te omskep
in 'n omhulsel vir 'n deklig. Ja ou maat, hoop maar vir jou part
die surveyor het nie sy brille aan op die dag nie, so nie gaan
jy nie "pass" met daai gedoente nie.

Kyk, daar is nog een ding van 'n trawlskuit wat Trawler
Heritage nog nooit kon verstaan nie, want hoekom en waarom die
crewmanne alewig, of die focsle, of die mesh room, of beide, se
ligomhulsels afskroef, en dit in asbakkies omskep...En dan staan
jy daar voor die surveyor soos iets wat rym met "oos", want die
blêrrie ligomhulsel was dan op sy plek gewees die laaste keer
dat jy daar verby geloop het...sal dit nooit ooit kan verstaan
nie.
|
NUWE HAWE
KENNISGEWINGSBORDE
Gedurende Junie-maand is verskeie nuwe kennisgewingborde by nege
geproklameerde vissershawens langs die kus aangebring. Nuus oor
die nuwe kennisgewingborde is wyd en syd verspreid en was selfs
uitgesaai tydens nuus berigte op streeksradio stasies. Hieronder
volg 'n paar voorbeelde van die nuwe en "vergete" naamborde wat
onlangs oor Trawler Heritage se pad gespoel het...

NUWE KENNISGEWINGBORDE
Afgeneem hieronder is nuwe sowel as ou kennisgewingborde sommer
deurmekaar - duidelik is daar nie mooi rekord gehou van al die
verskeie boodskappe wat oorgedra moes word tydens die
vervaardiging van die nuwe reeks kennisgewingborde nie...

VERGETE KENNISGEWINGBORDE
O'aardetjie tog! Hierso is dit duidelik dat Trawler Heritage
elke hoekie en draai van elke hawe beter ken as die betrokke
hawemeesters, wat in hierdie geval heeltemal vergeet het van
hierdie reeks sonverbleikte kennisgewingborde wat sekerlik ook
vervang moes word?

EFFEKTIEWE BOODSKAP?
Afgeneem hieronder is 'n splinternuwe kennisgewingbord opgerig
by 'n skeepshelling (ek glo almal weet waarso dit geleë is)
waarvan die boodskap wat oorgedra word en dit wat in die rooi
sirkel aangetoon word in skerp kontras is met mekaar. Dit bewys
maar net weereens die totale gebrek aan selfdissipline wat daar
heers in ons wêreld. Kom ons kyk hoe lank kan hierdie
kennisgewingbord staande bly voordat die bord met paal en al
voete gaan kry...

|
DIE SKUIT-TOILET UPDATE
Reg mense, dis weer tyd om
nader te sit om te kyk wat aangaan in die onder-wêreld van skuit-toilette.
Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 in die Kaapse dokke beloer ons
die skuit-toilet van "Leontina Maria" van naderby - uitsluitlik
bedoel vir 'n "nommer twee", soos in groot vet letters aangetoon
word by die ingang, of so nie sal jy ge-xxx word...Tot 'n
volgende keer, skuit-skuit my storie is uit!

|
HOUTBAAI N.S.R.I.
SLOOP HUL STASIEGEBOU
Afgeneem hieronder op 2
Augustus 2025 in Houtbaai is dit nog net die slip se spore in
die sand wat oorgebly het van die voormalige stasiegebou van die
plaaslike N.S.R.I. nadat die gebou slegs twee weke van tevore
gesloop is om plek te maak vir 'n splinternuwe stasiegebou. Die
nuwe stasiegebou se ontwerp sal geskoei word op die van die
Tafelbaai N.S.R.I se stasiegebou wat geleë is by Quay Four in
die V&A Waterfront, wat op die oog af meer lyk soos 'n
glaskasteel. Of die Houtbaaiers hul nuwe stasiegebou met rus
gaan laat sonder om die glaspanele stukkend te gooi, is iets
waaroor mens net kan wonder...

Geneem vanuit die
Trawler Heritage argief hieronder is hoe die Houtbaai N.S.R.I.
stasiegebou altyd daarna uitgesien het. Hoeveel duisende kere
het Trawler Heritage nie verby hierdie gebou al geloop en nooit
ooit gedink dat dit tot niet gemaak sal word nie. Dit bewys maar
net weereens dat niks op aarde permanent is nie - alles is maar
net tydelik...

|
PERU
PURSE SEINER SE
STACKER BREEK AF
'n Stacker wat los kom is
enige pelagiese visserman wat agter in die "net bin" werk se
grootste vrees. Afgeneem hieronder gedurende laat Junie-maand lê
die skuit genaamd "Olga" wat deel vorm van Peru se pelagiese
vloot, gestrand met haar net nog in die water, nadat die stacker
se swaai-arm mors-af gebreek tydens 'n gooi soos aangetoon met
die rooi sirkel. Tydens die insident het een visserman sy lewe
verloor en is nog drie ander beseer.
|
|
DIS HOE ONS TRAWL!
FEBRUARIE - MAART 2025
Met hierdie video gaan die stof uit die
luidsprekers geskop word. Na sterk oorweging aangaande die
inhoud van hierdie video, het Trawler Heritage van bakboord na
stuurboord en weer terug na bakboord gegaan en uiteindelik
besluit dat hierdie video kwalifiseer as 'n "dis hoe ons trawl"
weergawe, pleks van 'n "iets van alles" weergawe. In hierdie
video vang ons vis diep in die suide - daar's nie eintlik vis
beskikbaar gewees nie, maar die visvang is intensief, en enige
teken van iets met 'n stert aan sy lyf word gejag...
VIR
"ELOMI"
Op 3 Maart 2025 moes die
trotste vissersvloot ter wêreld weereens afskeid neem van nog 'n
gedugte stryd-os in die vloot. Asof die 2025 pelagiese seisoen
nie alreeds genoeg drama opgelewer het nie, moes ons met 'n
swaar hart afskeid neem van "Elomi" en in hierdie video hieronder bring Trawler Heritage
vir oulaas
hulde aan hierdie geliefde skuit van Laaiplek.
IETS VAN ALLES
OKTOBER
'24 - FEBRUARIE '25
In die video hieronder
word nie net die room van die Suid-Afrikaanse visbedryf
uitgebeeld nie, maar ook hoe vinnig die noodlot kan toeslaan op
die see. Die video word afgesluit met 'n argief video van "Bella
Prima", waar sy vir oulaas die Trawler Heritage crew groet.
VIR
"BELLA PRIMA"
1968-2025
Nou ja mense, hoe neem mens
afskeid van 'n skuit wat deel was van jou lewe oor soveel jare
heen? In die video hieronder bring Trawler Heritage vir oulaas
hulde aan een van die gedugste strydosse ooit, wat in diens was
van die Suid-Afrikaanse pelagiese bedryf. Ons gaan jou mis
"Bella Prima".
"AMORIA" STOKVIS TRIP
OKTOBER 2024
In die video hieronder
is die stokvislanglyn skuit "Amoria" in aksie tydens 'n
Oktober-maand stokvis trip daar ver in die noorde buitekant
Hondeklipbaai.
IETS VAN ALLES
APRIL - SEPTEMBER 2024
In die Iets van Alles video hieronder
vir die tydperk April tot September 2024, word nie minder nie as
19 skuite en 'n skip uitgebeeld waaronder "Berggans", "Bateleur",
"Michelle", "Seedelwer III", "Poseidon", "Wildegans II", "Stormgans",
"Kolgans", "Vleigans", "Wafra", "Baby Ronald"; "Borderer";
"Ocean Blue", "Renja", "Romano Paulo"; "Ultra Galaxy", "Derek
1", "Karin 1"; "Duinekus" en "Imbaza". So, draai oop die volume
knop en maak so bietjie geraas saam met die Trawlkampioene!
IETS VAN ALLES
MAART - APRIL 2024
Reg mense, dis tyd om weer geraas
te gaan maak daar in die Onderbaai met nog 'n "Iets van Alles"
episode vir die tydperk Maart tot April 2024. Die oorgrootte van
die videomateriaal is geneem op 23 Maart asook 15 April 2024.
Alle drone beeldmateriaal uitgebeeld is verskaf deur Gert van
Eeden en Ivan Mouton. Vir al die Caterpillar aanhangers
daarbuite is die klankbaan van hierdie video gevul met die
klinkende stamp geluide van Caterpillars, wat julle nog meer die reg
gee om die volume knoppie wyd oop te draai!
"OCEANA
AMETHYST"
SINK
TER SEE
Hiermee moet Trawler Heritage
aan die crew die hartseer nuus oordra dat een van Houtbaai se
geliefde en bes versorgde skuite die "Oceana Amethyst", 'n stokvislanglynskuit gesink het op Vrydag
agtermiddag 26 April 2024 sowat 14 seemyl reg wes van Llandudno
nadat die skuit begin water in neem het. Die "Oceana Amethyst"
is te hulp gesnel deur die "Penkop II" sowel as die N.S.R.I,
waarna al die bemanningslede opgetel en by Redding 3
in die Waterfront geneem was.
Die "Oceana Amethyst" was een van 'n handjie vol skuite wat nog
behoue gebly het, wat terug in tyd deel gevorm het van die Da
Gama Visbedryf op Houtbaai se pelagiese vloot.
In die video hieronder
word "Oceana Amethyst" se laaste minute uitgebeeld voordat die
skuit onder die water verdwyn het, terwyl
'n leeftyd se herhinneringe van die skuit verby flits...
HOUTBAAI - 19
FEBRUARIE 2024
Reg mense, dis tyd om weer geraas
te gaan maak op Houtbaai, vanwaar "Lisa Ann" die verrigtinge
afskop op die maat van die voormalige "A-Team" klankbaan, net om
aan te sluit by verlede maand se hoofopskrif, waarna alle chaos
los breek en 40 skuite Houtbaai verlaat tydens 'n massavaart wat
nie net uit Trawlkampioene bestaan nie,
maar ook 'n klompie van
die tunapaal asook kreefskuite.
IETS VAN ALLES
DESEMBER 2023/JANUARIE 2024
Reg mense, dis tyd om weer geraas
te maak met net die beste videomateriaal wat die trotste
vissersvloot ter wêreld kan opdis vir die Trawler Heritage se
crewmanne, vir die tydperk Desember 2023 en Januarie 2024. Vir
diegene wie se maag nie sterk is in die slegte weer nie,
drink maar eers 'n seesiekpilletjie, want dinge kan by tye so
bietjie rof raak.
|
"MIZPAH" VAT VLAM
Die onverskrokke 2025 pelagiese seisoen
duur voort, en beproef tans ons vissermanne se reg op
voortbestaan tot op die uiterste. Afgeneem hieronder in die
vroeë oggendure van 25 April 2025 sowat 6.5 myl noord van
Paternoster is "Mizpah" se agterstewes in ligte laaie. Die "Adenia"
het egter bygestaan en kon suksesvol daarin slaag om die brand
aanboord te blus, waarna die "Mizpah" na Sandy Point hawe
gesleep is.

Afgeneem hieronder by aankoms in Sandy Point hawe is die
erge brandskade wat "Mizpah" opgedoen het baie duidelik sigbaar.
Hierso gaan dit iets verg in die lyn van 'n "halwe Boetie Akie
oefening" om die skuit weer in die see te kry.

En skielik kry Trawler Heritage weer terug flitse van die
"Langeveld II" wat destyds ook aan die brand geslaan het, maar
onder ander omstandighede - die skade was feitlik presies
dieselfde as in die geval van "Mizpah", maar in die "Langeveld
II" se geval kon hulle haar ongelukkig nie weer gered het nie,
die skade was te groot...aai dammit tog "Mizpah"...
|
DEFICIENCY, DEFICIENCY,
DEFICIENCY!
Afgeneem hieronder op 7 Mei 2024 in die
Kaapse dokke het die manne met die groen oorpakke en wit
harde-hoede hul opwagting gemaak op die beide die "Nicolette" en
"Chris Trautman". Hul missie? Om "deficiency" op "deficiency" op
nog 'n "deficiency" op te spoor...

Daar's dit nou! Afgeneem hieronder met
notaboekie op die skoot, word 'n hele rits "deficiencies"
skynbaar gedokumenteer...

O'aarde tog, hieronder word die maatbande
uit gehaal om die bulwarks se hoogte gemeet...en dan maak hulle
sommetjies net om te bepaal dat "Chris Trautman" se bestaande
freeing ports moontlik nie voldoende is nie...daar gaat jy,
"deficiency", "deficiency", "deficiency"...

Op die een of ander wonderbaarlike
manier oor 'n tydperk van amper 15 jaar het die manne van "SAAMSLAAP"
dit vermag om nooit op te let dat "Elomi" die verkeerde areakode
vertoon het nie...hoe weet julle dan of jul werklik die regte
skuit survey het? Ek vra maar net?
|
DIE HOUTBAAIERS VLUG
KAAP TOE
Weens toenemende misdaad en diefstal wat
geheel en al hand uitgeruk het binne-in Houtbaai hawe, laat dit
booteienaars met geen ander keuse as om veiliger lê-plekke te
gaan opsoek nie. Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 het beide die
stokvislanglynskuite "Estrela Do Mar" en "Valhalla" Houtbaai
hawe vaarwel geroep nou 'n nuwe tuiste gevind in die Kaapse
dokke.
"ESTRELA DO MAR"

"VALHALLA"

|
"KENTUCKY"
WORD HERBOU
Afgeneem hieronder op 7
Mei 2025 staan die tunapaalskuit "Kentucky" se wielhuis bo-op
die Collier jetty vanwaar die skuit se Cummins masjien nou die
einde van sy leeftyd bereik het, terwyl 'n splinternuwe
dubbelwielhuis tans in aanbou is.


|
DIT WAS 'n VISFABRIEK!
Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 in East
Pier Road in die Kaapse hawe is hierdie splinternuwe kompleks
opgerig op die einste stuk grond waar die voormalige kantore en
fabriek van Premier Fishing, ook voorheen bekend as Atlantic
Trawling eens gestaan het, en daarby saam word die maritieme
bedryf al meer en meer vervreem vanuit die Kaapse dokke.

|
"VIOLA" WORD GESLOOP
Sedertdien die
langlynboot "Viola" haar opwagting gemaak het in Saldanhabaai
gedurende 2012, het die skuit nog nie weer terug gegaan see toe,
en het sy haar permanent gaan tuis maak langs die Slipkaai.
Afgeneem hieronder op 14 Mei 2025 in Saldanhabaai word 'n
mobiele hyskraan in gespan om hulp te verleen met die sloping
van die "Viola".

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is die "Viola" tydens
meer gelukkiger dae langs Slipkaai in Saldanhabaai.

|
SKUITE VAN ELDERS
Afgeneem hieronder volg 'n seleksie van
besoekers uit ander lande wat onlangs die Kaapse dokke besoek
het waaronder 'n besoeker uit Portugal en twee besoekers vanuit
Rusland.
Afgeneem hieronder op 20 Februarie 2025 op die Kaapse
synchroniseerhyser staan die Portugese langlynboot "Ribeira Do
Mar".

Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 in
die Robinson-droogdok staan die Russiese langlynboot
"Alpha-Crux".

Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 langs
die Weskaai in die Alfred Kom wag nog 'n Russiese langlynboot
"RHTAPb-31" (wat ookal daai naam mag wees) vir 'n beurt om die
Kaapse synchroniseerhyser te kan besoek.


Ou-maat ou-maat, met daai klas embleme
op jou skuit, sowat 40 jaar gelede sou die regering 'n
patrollieboot van die Vloot op gereedheidsgrondslag geplaas het,
terwyl die lugmag se Albatros en Shackelton patrollie vliegtuie
permanent in hul ore sou gedreun het, tot tyd en wyl hulle sou
pad gee vanuit Suid-Afrikaanse gebiedswaters...
|
9 JANUARIE 2025
DIE DAG WAAROP
HOUTBAAI SE
VISBEDRYF STERF
9 Januarie 2025
omstreeks 12:55 nm. sal in die anale van die Suid-Afrikaanse
visbedryf aangeteken word as die datum en tyd waarop die
visbedryf in Houtbaai finaal gesterf het.
In afwagting vir die kreefvloot om terug te keer huis toe, het
Trawler Heritage ouder gewoonte stelling ingeneem by sy geliefde
lighuisie op die Houtbaai langmuur en die seemyle geduldig af
getel in afwagting vir die kreefvloot se terugvaart. Weens die
algehele afsondering en kalmte van die res van die wêreld, het
Trawler Heritage net daar op die kaai gaan sit, met gebuigde
hoof en 'n diep gesprek met ons Here God aangeknoop waartydens
ek Hom gevra en gesmeek het om ons pelagiese vloot te seën
tydens die 2025 seisoen. My gesprek met God is egter
geonderbreek deur "gangster-stemme" - en meteens staan daar twee
manne voor my met lang messe, gereed om my leed aan te doen.
Hulle eis R100 van my, maar benewens my kriekethoed en my
mik-en-druk kamera het ek geen geld op my nie, nie eens 'n
beursie nie. Met my kaal hande weer ek hulle aanslae keer op
keer af, omring deur seewater links, regs en agter my, totdat
daar 'n seiljag by die hawe se bek verby loop...die skipper en
sy bemanning se oê is stip op die insident gerig en met 'n
bulder stem roep die skipper uit "hold on, I am radio in the
police"! Die aanvallers se aandag word vir 'n oomblik afgetrek
en Trawler Heritage sien die kans en breek deur hulle. Gelukkig
is die jeug en fiksheid nog aan Trawler Heritage se kant en daar
laat waai ek af al langs die langmuur na veiligheid gevolg deur
die twee aanvallers, terwyl die seiljag se skipper net daar in
die hawe se bek 'n "u-turn" maak en al langs die langmuur afseil
in 'n poging om my te beskerm, agter-om die yskaai, verby die
slipkaai, en daar waar Da Gama se aflaaipompe eens gestaan het, het
Trawler Heritage en die seiljag se paaie weer geskei, waarna die
seiljag weer koers gevat het see toe. My grootste dank aan
daardie seiljag om in 'n oomblik van angs my te vergesel het na
veiligheid.
Om te dink dat mens nie eens meer veilig is om in die openbaar
tot jou Here God te mag bid nie, sonder om te vrees vir jou lewe
nie - mag ons Here God hulle van die aarde af wegvee en nooit
weer aan hulle dink nie, en sou God sy toorn oor Houtbaai
loslaat gaan daardie plek tot in sy fondamente geskud word - vir
hul totale barbaarse optrede deur 'n man aan te val terwyl hy op
die kaai gesit en bid het tot sy Here God en Hom gevra het vir
vis. En hiermee groet Trawler Heritage dan ook vir Houtbaai,
niemand het voor my ooit die moeite gedoen om die ryk
geskiedenis van Houtbaai se visbedryf aan te teken en te verfilm
tot in die mate waarin Trawler Heritage dit vermag het nie, en
na Trawler Heritage sal daar ook niemand weer wees nie. Ou
Houtbaai, al wat ek vir jou kan sê, is ek is nou klaar met jou -
jy en jou visbedryf het nou finaal gesterf!

Houtbaai se lighuisie op die langmuur - die plek waar
Trawler Heritage aangeval is terwyl hy op die kaai gesit en bid
het vir vis op 9 Januarie 2025.
|
.
|
'n GEBED VIR PELAGIESE
VIS
Heer,
hierby vra ons dat u die trotste pelagiese vloot ter wêreld sal seën met 'n
oorvloed pelagiese vis gedurende die 2025 seisoen. Hou asseblief u veilige hand
oor die vloot, vissermanne, fabriekspersoneel en die wat die kosmandjies
voorberei ten einde arbeid te kan verrig. Doen asseblief iets hier onder die
vissermanne wat vir U koningkryk 'n getuienis sal wees. Amen.

NUWE OPDATERING
NOU BESKIKBAAR
Môre-môre, ek vertrou dit gaan
nog goed met die crew. In die nuutste uitgawe van Trawler Heritage vir die
tydperk 5 Januarie tot 28 Februarie, is die 200 fotos dalk nie so baie soos
altyd nie, maar sjoe, die nuus en die skep vis is so gemeng dat dit nie eintlik veel
saak gaan maak hoeveel "samples" jy gaan trek nie, dit gaan gemeng bly!
Gevolglik hardloop ons amper tot by die grens, net so duskant Port Nolloth,
draai om en jaag elke inham en baaitjie binne tot onder in Gansbaai in die hoop
die gespikkelde vissies by daai tyd een groot pappery sal wees. Dit alles en nog
meer kan die crew te wagte wees in hierdie uitgawe, waarvan die ou gunsteling
kolomme oor-loop van al die bloedwater op die dek, waaronder "Die ABC van skuite",
"nuwe kleurskemas, "gesinkte skuite", "nuwe skuite", "Die skuit-toilet update"
en die "verbouings update". Ons beloer ook Publieke Werke se nuwe
haweborde van naderby en bring hulde aan 'n legendariese skuitbouer. Dit en nog
vele meer net hier op die kanaal van trawlkampioene. Tot volgende keer, over!
KAAPSE SKUITE-UPDATE
Die plaaslike tunapaal en stokvisvloot wat werksaam is vanuit
die Kaapse dokke word tans in alle erns voorberei vir die
opkomende 2025/2026 tuna en stokvis seisoen.
Afgeneem hieronder blink talle skoon geverfde skuite vanwaar al
wat 'n beskikbare skeepshelling tans beset word deur Kaapse
skuite, tot sover as Sandy Point hawe.
Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Ooskaai is
"Conquistador" weer skoon geverf nadat sy onlangs weer terug
gekeer het huis toe na 'n besoek aan die Kalkbaai skeepshelling.

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Ooskaai blink
"Sailfish" weer in 'n skoon laag verf nadat sy onlangs die Sandy
Point skeepshelling besoek het.

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Ooskaai is
"Blue Dolphin" weer by die huis nadat die skuit vroeër die
oggend teen dagbreek in die Kaapse dokke gearriveer het na 'n
besoek aan die Sandy Point skeepshelling.

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Collier jetty
lê "South West Lapwing" met 'n skoon geverfde romp nadat sy
onlangs die Sandy Point skeepshelling besoek het.

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 op die Ooskaai staan leë
verfblikke, verfrollers en talle laaitjies afkomstig van die
"South West Petrel" (in die agtergrond) namate die skuitverwers
besig is om die skuit weer mooi te maak.

NUWE
NAAMGESKRIFTE VIR "TINA"
Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Collier jetty
pryk nuwe naamgeskrifte op "Tina" se agterstewes.
"NUWE" NAAMGESKRIFTE

"OU" NAAMGESKRIFTE

NUWE
FLEETONE SATNAV VIR "ABE SHAPIRO"
Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Collier jetty
is 'n splinternuwe Fleetone satnav antenna nou staande gemaak bo-op
"Abe Shapiro" se wielhuis.

"KENTUCKY" KRY NUWE WIELHUIS
Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Collier jetty
is 'n kykie na "Kentucky" se nuwe dubbelwielhuis wat op die oog
af mens baie herhinner aan "Groenveld II" en "Mercury" se ou
dubbelwielhuise van destyds...

"ESTRELA DO MAR" SE AGTERMAS
Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Vismark kaai
beloer ons "Estrela Do Mar" se agtermas van naderby. Met
tegnologie wat oor die jare heen drasties verbeter het, het die
gebruik van 'n agtermas op Suid-Afrikaanse skuite heeltemal
oorbodig geraak, met die gevolg dat dit oor die jare heen
feitlik uitgesterf het.

"WERKENDAM" OP DIE SLIP
Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 op die Kaai 4
skeepshelling word die tunpaalskuit "Werkendam" voorberei vir
die nuwe seisoen.

"AQUILLA" KOM KAAP TOE
Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 op die Kaapse
synchroniseerhyser staan die "Aquilla", afkomstig van Houtbaai.
Die "Aquilla" het vir die eerste keer sedert 1992/93 'n draai
kom maak in die Kaapse dokke vir 'n skoon laag verf en algemene
instandhoudingswerk. "Aquilla" was destyds gebou gewees
letterlik bo-op die sypaadjie langs Tafelbaai Boulevard op 'n
oop stuk grond reg langs die klubhuis van die Royal Cape
seiljagklub - 'n werkswyse wat vandag met al sy health & safety
regulasies feitlik onmoontlik sal wees om herhaal te kan word...

KAAPSE SKUITE SINK BO-OOR MEKAAR
Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs Concentra Ooskaai
het "Luderitz Star" ook uiteindelik (soos verwag) die stryd
verloor en letterlik bo-oor die "Fiskorn" gesink. Dit is egter
nie die eerste keer dat skuite op die wyse bo-oor mekaar sink
nie. In Saldanhabaai met die sink van "Atlantic Pride II" langs
die slipkaai het sy die "Namutoni" wat aan haar buitekant gelê
het saam met haar afgetrek die ewigheid in...

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 en die rooi sirkel wys
die plek uit waar "Luderitz Star" se naamborde eens gemonteer
was op die skuit se agterstewes, vanwaar beide naamborde nou
vertoon word in die Trawler Heritage se hall of fame soos te
siene verder af op hierdie blad.
Vandag is dit nog net die "Wilmag" wat nog behoue gebly het van
die Concentra Ooskaai-vloot. Slegs 25 jaar gelede het hierdie
kom nog vol skuite gelê, sommer so vier-vier, vyf-vyf en ses-ses
langs mekaar het hulle gelê, daar was skaars genoeg plek vir
almal gewees waaronder "Bevelyn", "Stormy Weather", "Karasberg",
"Skipness", "Bosveld", "Maria-Louisa", noem maar op...en in ons
leeftyd het hulle almal uitgesterf, weg, "gone"...maar hul name
is in my wese ingraveer en bly aanhou maal in my kop...
"Rosalyn-Joy", "Modern Maid", "Tiger Reef", "Anesta", "Newlands";
"Winburg", "Otterdam", "Kingklip", "Marina", "Swift"... En voor
ons was daar weer 'n ander generasie vissermanne gewees wat in
hulle tyd weer 'n ander generasie skuite geken het wat vir ons
generasie vandag slegs name op papier is..."Benjamin L.Collett",
"Kernwood", "Forget-me-Not"...

Ek's jammer "Luderitz Star", maar Trawler Heritage het gedoen
wat gedoen kon word om iets van jou behoue te kon laat bly...
|
"ATLANTIC BLESSING" SOEK
NUWE TUISTE
Die 52-voet
kreefskuit "Atlantic Blessing" van Gansbaai is opsoek na 'n nuwe
tuiste en word tans te koop aangebied vir R4.5 miljoen. Vir
verdere besonderhede gebruik die soekwoord "Gansbaai built boat"
op Marketplace.

|
TER NAGEDAGTENIS AAN
OOM
RODNEY MISPLON
Daar het in ons midde op
17 Junie 2025 nog 'n groot boom geval, met die nuus dat die
legendariese bootbouer oom Rodney Misplon op 94-jarige ouderdom
oorlede is. Oom Rodney was in sy leeftyd betrokke gewees by die
bou van 501 skuite wat insluit trawlbakkies, kreefskuite,
pelagiese skuite, navorsingsbote, patrolliebote, hoëspoed sport
tuna bote, vragbote, asook N.S.R.I reddingsbote, vanwaar hy
werksaam was oor die jare heen by Misplon & Co., Louw &
Halvorsen, Globe Engineering en Republic Marine Contractors.
Trawler Heritage was gevra om tydens die roudiens 'n huldeblyk
te doen namens die hele Suid-Afrikaanse visbedryf, en hiermee
vertrou ek dat daar nie 'n enkele booteienaar of visserman is
wat nie sal saamstem met die huldeblyk oorgedra deur Trawler
Heritage soos aangedui hieronder. En hiermee groet Trawler
Heritage nog 'n mentor in my lewe. Met my laaste besoek aan oom
Rodney, stop hy 'n foto van "Walvis Pioneer" in my hand en groet
my - "jy weet mos wat gedoen moet word, en hoe dit gedoen moet
word"...

The smell of oak,
meranti, exotic hard woods and the constant hammering of block
hammers at the yard of Louw & Halvorsen is today just a distant
memory.
High quality wooden hulls, each one a piece of art created by
skillful shipwrights - Rodney Misplon being one of the finest.
Exposed to the elements on a daily basis whether sun, rain, wind
and cold, it was an environment in which Rodney thrived in.
In a world dominated by productivity, turn over, overheads and
fancy composite materials, the contribution by shipwrights like
Rodney himself to a modern society are seemingly forgotten.
Today, almost 50 years after the last wooden vessel left the
yard of Louw & Halvorsen, 76 vessels still sail the seas around
Southern Africa, bringing in their catches, every day and every
night - all of them created by Rodney.
Through determination and skillful craftsmanship Rodney Misplon
has left behind a legacy over many decades not known by many, as
for the following examples.
The protection of our borders: By building navy patrol vessels
as well as fisheries patrol vessels.
Sea Trade: By building supply vessels, providing supplies to
large bulk carriers passing the Cape of Good Hope.
Rodney's biggest contribution was towards the South African
fishing industry - providing the industry with hundreds of
fishing vessels of all sizes - representing the pride of many
fishing communities around the coast. The fishermen put all
their trust in the craftsmanship of Rodney to provide them with
sturdy boats, strong enough to survive even the biggest Cape
winter storm.
Rodney's craftsmanship contributed to the wealth and prosperity
of the fishing industry in many ways...
Rodney has helped to pay the school and university fees of the
fishermen's children.
Rodney has helped the fishermen to buy homes, vehicles, food,
clothing and even Christmas presents - The amount of cups of
coffee, packets of cigarettes and glasses of brandy the
fishermen consumed, only the heavens know...
Rodney even made a contribution regarding food security to
millions of South Africans.
Milk for instance, people think that dairy comes from the farm,
but in fact it comes from the sea. The dairy farmers are
dependant on the fishermen to catch fish, which is then
converted into fish meal, an important source of protein for the
cattle. Every time you pour milk into your coffee, chances are
good that the cow was fed fish meal, caught by a boat, build and
maintained by Rodney himself.
Driving past a KFC, you don't smell chicken, you smell fish
meal! So next time you enjoy your Streetwise Two meal, chances
are good that the chicken was fed fish meal, caught by a boat
build and maintained by Rodney himself.
I am going to leave you with one last story. I once came across
a Misplon boat standing on dry ground at the Cape Docks with
graffiti written on it's lower hull, apparently written by a guy
called "Pinocchio" - maybe he also had a long nose, I don't
know, but what was written was a true reflection of Rodney
Misplon's life: "When boats were wood, and men were men".
|
MAURITANIE
PELAGIESE
VISEKSPEDISIE
56ste
HERDENKING
19 Augustus - 6 Desember 1969
Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer ons terugdink aan 56 jaar gelede toe
talle van ons oupa's, pa's en ooms vertrek het vanuit Sandy Point
hawe na die onbekende waters van Mauritanië in 'n poging om 'n
beter heenkome te bewerkstellig het vir die "Suiderkruis" pelagiese
fabriekskip, ten einde die pelagiese bronne om Suider-Afrika te
kon beskerm.

On 19 August 1969 a fleet of
wooden purse seiners under command of a breed of fishermen, of the likes we shall
never see again, set sail from Sandy Point Harbour destined for
the unknown fishing grounds of Mauritania. Accompanied by the "Suiderkruis" factory ship, they had to leave in order to protect our
pelagic resources.
|
TRAWLER HERITAGE
HALL OF FAME IN WORDING
Afgeneem hieronder is die eerste fase van die Trawler Heritage
hall of fame waaraan daar tans gewerk word op Laaiplek. Hierdie
is slegs 'n gedeelte van wat na alle waarskynlikheid die
grootste versameling van skuitnaamborde is in Suid-Afrika. Elkeen
van hierdie naamborde het 'n storie om te vertel - die skuit van
herkoms selfs 'n groter storie. Voor hierdie muur ruk iets in
jou binneste jou tot stilstand, en dit is maar nog net die begin
van die Trawler Heritage hall of fame...

|
DIE ABC VAN SKUITE
Dis weer tyd om om nuwe naamgeskrifte van
naderby te bekyk waaronder "Predator", "Tigerfish", "Gregory
Justin", "Swordfish" en "Odyssey".
Afgeneem hieronder op 17 Maart 2025 in die Kaapse dokke pryk
nuwe viniel naamgeskrifte op die whaleback van die tunapaalskuit
"Predator".

Geneem vanuit die Trawler Heritage
argief is hoe "Predator" se naamgeskrifte voorheen daarna
uitgesien het.

Afgeneem hieronder op 27 Julie
2025 op die Keyway Shipwright skeepshelling in Laaiplek vertoon
"Gregory Justin" weer tradisionele houtnaamborde soos aangetoon
met die rooi sirkel, en kom ons wees nou baie eerlik met mekaar,
maar dit lyk strate beter as die vorige poging wat aangewend
was...

Geneem vanuit die Trawler Heritage
argief is hoe "Gregory Justin" se naamgeskrifte voorheen daarna
uitgesien het - mens doen nie 'n kaliber skuit soos "Gregory
Justin" die onreg aan met sulke verflenterde naamgeskrifte nie...

Afgeneem hieronder op 2 Augustus
2025 in Houtbaai vertoon "Tigerfish" nie net die skuit se naam
en area kode nie, maar sommer ook die visvangkode, roepletters
sowel as die port of registry- hulle wil seker maar net seker
maak al die gegewens is sigbaar?

Afgeneem hieronder op 2 Augustus
2025 in Houtbaai vertoon "Swordfish" nou vir die eerste keer
ooit haar naam sowel as 'n embleem van 'n swaardvis op die
wielhuis se vooraansig - netjies!

Afgeneem hieronder op 20 Julie
2025 by Suid-Oranje ly "Odyssey" aan die een of ander vorm van
dubbelvisie, terwyl die skuitverwers ook 'n veel beter poging
kon aanwend het om die areakode netjies en univorm te laat
vertoon het.

Nou kyk mense, by die tyd weet ons
almal dat die skuitverwers 'n spesie op hul eie is. Afgeneem
hieronder op 1 Julie 2025 in die Kaapse dokke staan en kyk die
een skuitverwer vir die ander een hoe hy die awning se onderdak
verf...gedog dis dalk 'n toesighouer, maar blykbaar toe nie...

Afgeneem hieronder en beide
skuitverwers is nou in aksie met 'n verfroller in die hand,
besig om die awning se onderdak te verf...dit terwyl 'n derde
skuitverwer nou naderstaan om te kyk hoe die ander twee hul taak
verrig...

|
NUWE KLEURSKEMAS
Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 langs
die Ooskaai in die Kaapse dokke vertoon "Chris Trautman" nog
meer anti-fouling verf op haar romp soos aangetoon met die rooi
sirkel.
"NUWE" KLEURSKEMA

Wie weet,
teen hierdie tempo mag die hele romp dalk
teen volgende
jaar met anti-fouling verf bedek wees?...
Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is hoe "Chris
Trautman" se romp kleurskema voorheen daarna uitgesien het met
veel minder anti-fouling verf op die romp.
"OU" KLEURSKEMA

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 langs die Yskaai in
Houtbaai is "Herman S" nou te siene in 'n nuwe groen kleurskema,
vanwaar die skuit voorheen 'n grys kleurskema vertoon het.
"NUWE" KLEURSKEMA

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is "Herman S" nog te
siene in haar vorige grys kleurskema.
"OU" KLEURSKEMA

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 langs Jetty No.3 in
Houtbaai is "Langeberg" nou te siene in 'n baie eienaardige
lig-groen kleurskema, vanwaar die skuit voorheen 'n blou
kleurskema gehad het.
"NUWE" KLEURSKEMA

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is "Langeberg" nog te
siene in haar vorige blou kleurskema.
"OU" KLEURSKEMA

'n Skuit se waterlyn is immers nooit waterpas nie, maar aai
ouens, dit kos mos net 'n rolletjie masking tape om daai
waterlyn veel mooier te kon laat vertoon het of hoe? Aai bliksem,
die skuitverwers darem...

Afgeneem hieronder op 8 Augustus 2025 langs die Sea Harvest
jetty in Saldanhabaai is "Harvest Cap Nord" te siene in 'n
nuwe blou-en-room kleurskema, nadat die skuit onlangs nuut oor
geverf was in die Robinson droogdok.
"NUWE" KLEURSKEMA

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is "Harvest Cap
Nord" nog te
siene in haar vorige rooi-en-room kleurskema.
"OU" KLEURSKEMA

Afgeneem hieronder op 8 Augustus 2025 slegs oomblikke nadat
"Harvest Selina" die Saldanhabaai skeepshelling verlaat het
kompleet met 'n Sea Harvet logo op die romp, nuut ontwerpte
roepletters asook 'n nuwe blou-en-room kleurskema.
"NUWE" KLEURSKEMA

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is "Harvest
Selina" nog te
siene in haar vorige blou-en-wit kleurskema en sonder die Sea
Harvest logo.
"OU" KLEURSKEMA

Afgeneem hieronder op 11 Augustus 2025 op die Gansbaai
skeepshelling vertoon die stokvistreiler "Leeukop" ook nou 'n
nuwe navy-blou kleurskema tesame met 'n wit streep op die deklyn.
Voorheen het die "Leeukop" 'n konings-blou kleurskema vertoon.
"NUWE" KLEURSKEMA

"OU" KLEURSKEMA

|
"BOETIE BERT"
WORD GESTREEP
Afgeneem hieronder op 20 Julie 2025 langs
die Regeringskaai in Sandy Point hawe vertoon die stokvistreiler
"Boetie Bert" nou 'n nuwe blou streep op haar awning soos
aangetoon met die rooi sirkel. Voorheen het "Boetie Bert" se
awning slegs uit 'n oranje kleurskema bestaan.
"NUWE" AWNING KLEURSKEMA

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief
hieronder is "Boetie Bert" nog te siene in haar vorige oranje
geverfde awning.
"OU"
AWNING KLEURSKEMA

|
NUUTSTE TOEVOEGING
TOT STOKVISVLOOT
GOOD-LUCK "HARVEST
CAMISSA"!
Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 langs
South Arm in die Kaapse dokke is die 147-voet "Harvest
Camissa", die nuutste toevoeging tot die Suid-Afrikaanse
stokvisvloot. Die "Harvest Camissa" sal deel vorm van die Viking
Fishing vloot en is aangekoop vanaf Marin in Spanje.

|
NUUTSTE TOEVOEGING
TOT DIE HOUTBAAI VLOOT
GOOD-LUCK "BOLOKO
2"!
Mooi was nog nooit
lelik nie, maar mens moet erken dat die "Boloko 2" die koppe
gaan laat draai met hierdie rooi kleurskema. Afgeneem hieronder
op 28 Julie 2025 in Sandy Point hawe is die nuwe 76-voet
stokvislanglyn skuit "Boloko 2" te siene, vanwaar die finale
afrondingswerk nog voltooi moet word by die Tallie Marine
skeepswerf.

Gedurende 13 Julie 2025 het nog 'n nuwe
Tallie bousel genaamd "Seamaster" die skeepswerf verlaat op haar
afleweringsvaart na Port Elizabeth vir die plaaslike
tjokkabedryf, maar aangesien sy 'n catamaran-bousel is, loop die
storie ook sommer net hierso dood...

|
NUUTSTE TOEVOEGING
TOT DIE HOUTBAAI VLOOT
GOOD-LUCK "TIGHTLINE"!
Afgeneem hieronder op 16
April 2025 in Saldanhabaai is 47-voet "Tightline", die nuutste
tunapaalskuit wat te water gelaat is deur Sachal, en op 30 April
2025 tydens haar afleweringsvaart na Houtbaai vertrek het.


|
NUUTSTE TOEVOEGING
TOT DIE HOUTBAAI TUNA VLOOT
IN
WORDING
Afgeneem hieronder op 2
Augustus 2025 by die C-Craft skeepswerf in Houtbaai staan die
jongste bousel se wielhuis alreeds buitekant gereed vir
montering, vir wanneer die romp uit die mould gehaal gaan word.

|
HOUTBAAI YSTORING
WORD VERNUWE
Afgeneem hieronder op 2
Augustus 2025 is een van Houtbaai hawe se kenmerkende landmerke
wat tans 'n nuwe baadjie aangetrek word. Die ystoring wat
terugdateer vanuit 1964 in die dae van Table Top fishing word
tans geheel en al vernuwe ten einde noodsaaklike ys aan die
groeiende stokvisvloot te kan lewer wat opereer vanuit die hawe.
|
NUUTSTE TOEVOEGING
TOT DIE HOUTBAAI
TREILVLOOT
GOOD-LUCK "OCEAN
SPRAY"!
Afgeneem hieronder op 2
Augustus 2025 in Houtbaai is die nuutste toevoeging tot die
plaaslike stokvisvloot genaamd "Ocean Spray" wat voorheen
aangewend was as 'n garnaalsleeptreiler vanuit Durban. Die
"Ocean Spray" vertoon alreeds met trots haar nuwe Houtbaai
areakode naamlik "HTB 6", wat terug in dae trots vertoon was
deur die eertydse tunapaalskuit genaamd "Excelsior".
Gou-gou! Bring die dryfysters
en die putters, hier lê "n "Titleist bobbin" op die kaai! Afgeneem hieronder
op 2 Augustus 2025 in Houtbaai is talle van hierdie
hidrodinamiese bobbins in "Ocean Spray" se sleepnet "in-gesim".
Nes regte gholfballe, verrig hierdie dimpels in die bobbins
presies dieselfde funksie, naamlik om water weerstand te
verminder wanneer die net deur die water gesleep word.
|
"UMZABALAZO" TREF 'n
DRYWENDE ROTS
Afgeneem hieronder
op 16 Junie 2025 in Kaapse hawe hel die stokvistreiler "Umzabalazo"
oor na stuurboord nadat die skuit na alle waarskynlikheid 'n "drywende
rots" getref het. Per definisie word 'n "drywende rots" soos
volg gedefinieer: Wanneer die skipper sweer dat daardie klip/paal/onderwater
obstruksie wat hy raak gery het, nie daar was die vorige keer
toe hy daar verby gegaan het nie...Goeie nuus is egter dat alle
skade opgedoen alreeds herstel is, en dat die skuit weer terug
in die see is.

|
DIE SINK EN
OPBREEK UPATE
"MARQUERITE"
SPOEL OP
DIE WAL UIT
Afgeneem hieronder
op 30 Junie 2025 lê die diamantskuit "Marquerite" hoog en droog
op die wal uitgespoel op Hondeklipbaai se strand nadat die skuit
tydens 'n verbygaande winterstorm van haar mooring in die baai
los gebreek het.

"ALBATROS"
SINK
IN PORT NOLLOTH
Afgeneem hieronder tydens beter dae is hoe die diamantskuit "Albatros"
van Port Nolloth daarna uitgesien het. Die "Albatros" is die
jongste slagoffer van die veraadelike Port Nolloth hawe wat oor
dekades heen al tientalle bote van die Port Nolloth vloot
vernietig het.

Afgeneem op 1
Julie 2025 in Port Nolloth toon die rooi sirkel die skade
opgedoen aan die diamantskuit "Azania", na vermoede was die "Albatros"
en die "Azania" in 'n botsing betrokke nadat die "Albatros" se
mooring ketting die gees gegee het, waarna die "Albatros" die
stryd verloor en gesink het.

"HANGBERG"
SINK
IN HOUTBAAI
In die vorige
opdatering in die skuite-verjaar kolom het Trawler Heritage die
volgende opmerking geskryf aangaande die "Hangberg": "Dis nie
dat "Hangberg" nog enigsins aktief deelneem aan
visvangbedrywighede nie. Sy lê nogtans in Houtbaai hawe en word
geokkupeer deur 'n groep "hippies", seker ook maar net totdat 'n
naat oop trek en die skuit langs die kaai gaan sink..."
Afgeneem op 2 Augustus 2025 in Houtbaai, en soos korrek voorspel
deur Trawler Heritage het "Hangberg" ook nou die stryd gewonne
gegee, vanwaar sy langs die Noordekaai gesink lê. Gedurende die
vroee 2000's was "Hangberg" nog een van Hermanus se spogskuite
gewees, waarna sy weer na Houtbaai verhuis het. Nadat die De
Stadler familie haar verkoop het was daar sprake dat die skuit
in 'n "backpackers" omskep sou word, maar daardie tipe van drome
het nog nooit pos gevat in Suid-Afrika nie, gegewe die paadjies
wat "Groenveld II" asook "Drakenskop" moes geloop het.

"MARTIN J" Lê
VERWOES
IN HOUTBAAI
Afgeneem op 2
Augustus 2025 voor die Houtbaai skeepshelling lê die laaste
oorblyfsels van "Martin J" se bilges en kiel nadat die skuit
letterlik stuk-vir-stuk opgekap en weg gedra is vir brandhout.
En dis nou maar hoe dinge deesdae op Houtbaai gedoen word...skandelik
om die minste te sê.

Afgeneem op 2
Augustus 2025 aan die anderkant van Houtbaai se hawe dryf
"Martin J" se dek rond tussen "Merlene" en "Edelweiss". Hoe op
dees aarde die dek hierso kon opeindig sal nugter alleen weet?

Afgeneem op 2
Augustus 2025 lyk hierdie kaai in Houtbaai meer soos tonele uit
'n burger-oorlog vanwaar wrakstukke afkomstig van "Khoe-Rasi", "Rooiberg"
en "Martin J" die wêreld vol lê.


"FISKORN"
SINK
IN KAAPSE HAWE
Afgeneem op 1
Julie 2025 langs Concentra Ooskaai in die Kaapse dokke lê die
gesinkte romp van die voormalige tunapaalskuit "Fiskorn". Net
langs die "Fiskorn" lê en wag die "Luderitz Star" ook vir die
finale doodskoot, tot tyd en wyl daar besluit word om die skuite
finaal te verwyder.
"FISKORN"

"LUDERITZ STAR"

"STORMKOP" SE
STACKER
VERDWYN
Afgeneem op 28
Julie 2025 op Laaiplek toon die rooi sirkel aan dat nie net "Stormkop"
se stacker, maar ook gedeeltes van die aerial stand verwyder is
van die skuit af. Of "Stormkop" ooit weer op die see gaan kom,
begin by die dag al skraler te lyk...aai dammit.

Die treurmare op
Laaiplek kry net nie einde nie. Afgeneem op 28 Julie 2025 op
Laaiplek lê "Nossob" nog gekoppel aan 'n "lewens apparaat", met
'n waterpomp wat onverpoos water uit die romp pomp. Op hede is
alle navigasie toerusting bo-op die wielhuis verwyder, tesame
met die voorste maspaal, winch, sowel as gedeeltes van die
shelter deck op portside.

Afgeneem op 2
Augustus 2025 op die Houtbaai skeepshelling herhinner hierdie
oop gekraakte boeg mens aan die huidige kondisie van "Nossob",
maar in hierdie geval is dit eerder die voormalige Franse
vistreiler "Bolero" wat ook intussen die stryd verloor het met
die aarde se gravitasiekragte wat die skuit se romp in flardes
getrek het. 'n Houtskuit word immers nie gebou om op droeë grond
te staan nie, 'n houtskuit word gebou om in die see te kan dryf!

Afgeneem hieronder
is daar feitlik niks wat mens meer vir hierdie skuit kan doen
nie, die hele romp met kiel en al het in twee gesplit.

EN
NOU
"KHOE-RASI" ?
Afgeneem op 2
Augustus 2025 langs die slipkaai in Houtbaai vertoef die kaal
gestroopte romp van die "Khoe-Rasi", vanwaar die skuit vroeër
vanjaar langs die "Emerald Isle" gesink het, weer vlot gemaak is
en nou langs die kaai lê en vertoef. Dalk Houtbaai se volgende
wrak? Net tyd sal leer of die Houtbaaiers haar enige genade sal
betoon.

Afgeneem hieronder
op 10 Julie 2025 op die Saldanhabaai skeepshelling lê die
gesloopte romp van die voormalige tunapaalskuit "Vlaeberg" in
afwagting om die ewigheid in gestuur te word...

Afgeneem hieronder
op 1 Junie 2025 op die Saldanhabaai skeepshelling is dit wat nog
oor is van die voormalige langlyn skuit genaamd "Viola".

Afgeneem hieronder
op 28 Julie 2025 in Sandy Point lê die omgekeerde voordek van
die voormalige sardyn skuit genaamd "Anna" op die kaai, dit
nadat die gesinkte skuit se romp gedurende die winterstorms
gedisintegreer het.

Afgeneem hieronder
op 2 Augustus 2025 in Houtbaai, en die half-gesinkte romp van "Marcon"
dien vir oulaas nog 'n doel, vanwaar haweloses hulself tuis
gemaak het binne-in die skuit se galley/meshroom area...wel, dit
wat nog staande is van die skuit se wielhuis.

Afgeneem hieronder
op 2 Augustus 2025 in Houtbaai en dis net kaal elektriese
bedrading waar mens kyk, vanwaar hierdie kragvoorsieningspunt
met omhulsel en al vernietig en weg gedra is...

Mense, naas kuile
wat bol van die vis, kry mens nie 'n veel mooier gesig as dit
wat hieronder uitgebeeld word nie. Ons sluit hierdie uiters
treurige kolom genaamd "Die sink en opbreek update" af met 'n
brokkie goeie nuus van 'n staalromp seiljag wat tans gesloop
word op die Houtbaai skeepshelling...hip-hip hooray! Nog 'n
hip-hip, daarsy!

|
|
" |